

Moet nie vir my sê die lug is die limiet as daar voetspore op die maan is nie
-Paul Brandt
Buitemuurs Verpligtend
Wiggle & Jam is verpligtend vir alle maats plus kies of Dance Mouse of Penguin Play

Wiggle & Jam
'n Musiek Opvoedkundige program wat kinders ontwikkel van geboorte tot met 8 jaar. Die oorspronklike musiek en lesse word spesifiek geskryf om 'n verskeidenheid van musiek en sang style, kulture en tale in te sluit, wat die kinders sal stimuleer en aanhuts om te ontwikkel en groei.

Dance Mouse & Dance Mouse Tots
is 'n unieke en diverse dans program wat aangebied word as 'n ekstra koste skool aktiwiteit beide vir seuns en dogters. Die nuwe DANCE MOUSE Ballet sillabus sluit in ballet en liggaams kondisionerings tegnieke, 'n Ballet opwarming, Ballet danse, Ballet karakter danse en algemene strek tegnieke. Die sillabus is vir Grade 000,00 en 0/1.


Penguin Play
'n Groot Motoriese ontwikkelings program wat elke kind se groot motoriese vermoëns ontwikkel. Deur gebruik te maak van verskillende soorde sport en balans gereedskap, word elke kind 'n voorsprong gegee met hul fyn motoriese ontwikkeling d.m.v die ontwikkeling van hul groot motoriese vermoëns.
Buitemuurs As ekstra Aangebied

Dancers World Academy
"Freestyle" is 'n vorm van dans met baie ritmiese energie. Dit verbeter postuur en is uitstekende oefening vir koördinasie en konsentrasie. Hierdie program inspireer en bou selfvertroue met optredes, kompetisies en eksamens. Perfek vir seuns en dogters.

Rugga Kids
Rugga Kids is 'n buitemuurse aktiwiteit vir kinders tussen 3 – 8 jaar, wat 'n liefde vir rugby omsluit sowel as om pret te hê. Die program konsentreer op die ontwikkeling van die kind se fisiese vermoëns en groot motoriese koördinasie deur middel van 'n pret, positiewe, energieke en selfopbouende kurrikulum, alles terwyl gefokus word op die veiligheids aspekte van die spel.

Build-em-Brix
Vir die groeiende behoefte van kognitiewe stimulasie en vroeë
ontwikkeling in wiskunde & wetenskap, daar is nie 'n beter manier om dit aan
kleingoed bekend te stel as deur middel van Build em Brix.

Baking Buddies
'n Pret-gevulde bak en kook program wat ons kleuters in karige sjefs omtower! Die kleuters kry die geleentheid om te meng, bak, versier en die maak van 'n nuwe resep elke week. Die lekkernye word in hul spesiale snoepboksies gepak, reg om geniet te word by die huis!

Action Ball
ActionBall sal elke kind die geleentheid bied om hul fisiese vermoëns te ontwikkel en bemeester. Dit sal hul groot motoriese vermoëns, spiertonus, koördinasie, balans en selfvertroue ontwikkel.
Ons doel is om kleuters te verbeter op
-Fisiese vlak
-Emosionele vlak
-Ruimtelike ontwikkeling

Dance Mouse Ballet
is 'n unieke en diverse dans program wat aangebied word as 'n ekstra koste skool aktiwiteit beide vir seuns en dogters. Die nuwe DANCE MOUSE Ballet sillabus sluit in ballet en liggaams kondisionerings tegnieke, 'n Ballet opwarming, Ballet danse, Ballet karakter danse en algemene strek tegnieke. Die sillabus is vir Grade 000,00 en 0/1.
