Speel is so verbasendlik essensieel
tot ons kinderlewe, dis soos liefde,
sonskyn & broccoli alles saam
versap - Lenore Skenazy
Oopsy Daisy Speel Akademie is gestig in Oktober 2010. Ek was opsoek na 'n speelskool vir my seuntjie, ietsie klein met persoonlike aandag aan elke kind, maar kon ongelukkig niks vind wat pas nie. Ek is 'n gekwalifiseerde onderwyseres, met 'n Honeurs graad in opvoedkunde, en omdat ek nie op daardie stadium wou terugkeer na publieke skool onderwys nie, besluit ek toe dit is tyd om ons eie klein skool die lig te laat sien om hierdie nis mark te vul. 'n Skool waar kleintjies geken en verstaan is, en nie net 1 van 150 kinders is nie.
In Januarie 2011 het Oopsy Daisy Speel skool hul deure geopen met net 5 kinders, en by Mei van dieselfde jaar was daar alreeds 16 kleintjies in Oopsy Daisy. Die skool is uitgebrei en nog 'n klaskamer is ingerig vir 'n tweede klas. In September 2011 was Oopsy Daisy eweskielik 'n medium grootte skool, met 40 kleintjies, 2 onderwyseresse en twee assistente.
Oopsy Daisy het in 2013 besluit om tog nie net op speel te fokus nie, maar 'n volledige kurrikulum aan die ouers en kinders van Oopsy Daisy te bied, en is Oopsy Daisy speel skool na Oopsy Daisy Speel Akademie verander.
Aan die einde van 2017 het ons verder uitgebrei, en 'n klassie vir ons 14 - 30 maande oue maatjies oop te maak. Aan die begin van 2018 het dié klassie en die 30 maande - 3 jaar klassie nuwe klaskamers en 'n splinternuwe aangepaste speelgrond, spesiaal vir kort beentjies, gekry.
Tot vandag kan alle ouers seker wees dat hul kleingoed net die beste individuele sorg, opvoeding en liefde by Oopsy Daisy ontvang.