Speel is die pad na geluk in jou
kinderjare, en briljantheid in volwassenheid
Wat ons bied...
In die klaskamer
* 'n Produktiewe tema gebaseerde kurrikulum wat die Department van Opvoeding se voorskool 1 - 4 jaar kurrikulum (ELDA) oortref.
* 'n Wyd verspreide gebruik van leer materiale en metodes - insluitend sensories-, verbeeldingryke, konstruktiewe en kognitiewe spel.
* Klaskamer assessering plus raporte, 3 keer per jaar.
* Kuns boeke vir kinders se kuns as aandenking
* 'n Liefdevolle & oplettende Juffie en assistent in klein groepies klasse.
* Alle staflede is opgelei in noodhulp en baba-KPR
* Ons volg 'n prograg elke dag, om 'n roetine te verseker vir ons kleingoed, wat hul veilig, geborde en geliefd laat voel.
Buitemuurse Aktiwiteite
* Ons bied 'n groot verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite om van te kies - om kleingoed se holistiese ontwikkeling en leer by Oopsy Daisy nog verder te verbeter.
* Twee buitemuurse aktiwiteite is wel verpligtend by Oopsy Daisy teen 'n koste van R140/aktiwiteit/maand, naamlik Wiggle & Jam (musiek ontwikkelings program) & Penguin Play (Groot Motoriese ontwikkelings program). Hierdie aktiwiteite vorm deel van ons holistiese ontwikkelings program.
* Alle buitemuurse aktiwiteite word by Oopsy Daisy aangebied, gedurende die oggende vanaf 9:30 - 11:30.
* Elke program het hul eie dag & tyd, en geen program oorvleuel nie.
* Maats kry genoegsame tyd om aan buitemuurse aktiwiteite, klas aktiwiteite en speeltyd deel te neem.
Kommunikasie
* Gereelde terugvoer en kommunikasie met ouers
* Ons juffies is beskikbaar op whatsapp gedurende skoolure vir vinnige boodskappe.
* Klaskamer Toep(Classdojo) - kyk wat gebeur in die klaskamer met "klaskamer stories" ( fotos en kort videogrepe).
* Klaskamer Toep(Classdojo) - elke maat het hul eie portefeulje (slegs ouers kan dit sien) wat al die maat se fotos van lekker aktiwitiete ten toon stel.
*Whatsapp groepies - vir elke klaskamer en vir die skool as geheel. Alle belangrike informasie, datums, gebeurtenisse en so meer word hier aan ouers deurgestuur.
*Oopsy Daisy het 'n oop-deur beleid. Voel asseblief vry om enige bekommernisse te bespreek, komplimente te deel, of aanbevelings te maak!
Ons fooie sluit in
* Alle opvoedkundige materiale
* Alle kuns, kunsvlyt en sensoriese spel materiale
* Stimulasie aktiwiteite insluitend sensoriese aktiwiteite
* Assesserings & Vorderings Rapporte (3 keer per jaaar)
* Ontbyt, gekookte middagete & toebroodjies met vrugte by nasorg.
* Stapelbed vir naskool, Baba kot vir babas, en matrasse vir 14 maande - 2.5 jaar
Spyskaart
* 'n Nuwe spyskaart word elke kwartaal aangebied - wat help om nuwe smake te ontwikkel en kleingoed gewoond te maak aan nuwe teksture.
* Die spyskaart bestaan uit 'n goeie gebalanseerde dieet - Proteïene, groente, stysel en vrugte.
* Die spyskaart sluit in 'n vars voorbereide ontbyt, gekookte middagete en toebroodjies met vrugte by nasorg.
* Elke Vrydag kry 'n maat die geleentheid om gebak/lekkers voor te berei vir hul klas om te verkoop as fondsinsameling vir daardie klas.
Veiligheid
* Veiligheid is baie belangrik by Oopsy Daisy.
Elke ouer moet op aansoekvorms bevestig wie hul kleingoed mag oplaai by die skool. Enige ander persone wat op kort kennisgewing gebruik gaan word, moet met die juffrou aan diens gereël word.
* Ons het 'n waakdiens wat ons area patroleer en ons is verbind met nood reaksie met paniek knoppies en alarm.
* Al Oopsy Daisy se brandblussers word jaarliks gediens.
*Verder is alle nood roetines in plek.
Bedryfsure & Vakansies
* 6:30 - 8:00 vm - aflaai
Half-dag optel tussen 12:00 - 1:15 nm.
Voldag optel vanaf 3:00 nm to 5:30 nm.
* Ons offer 'n vakansie program vir ons naskool maats gedurende skool vakansies teen geen ekstra kostes nie.
* Vakansie programme is vol aktiwiteite en pret om kinders besig te hou en te vermaak.
Nog belangrike aanbiedinge
* Potjie dissipline - wanneer ons maats reg is begin ons met potjie dissipline, met samewer-
king van die huis af.
* Ons arbeidsterapeut help maats wat leer uit-valle het, weekliks in 'n groepklas (aanbeveel deur juffie - betaalbaar as buitemuurse akti-witeit).
* SAM wiskunde kan ook as buitemuurse akti-
witeit bygewoon word. By Oopsy Daisy aangebied op Woensdae middae.
en meer...
* Ons nooi graag gesinne uit na ons Mamma dag, Oupa-en Oumadag, Pappa-dag, en nog meer.
* Ons het 'n propvol jaarprogram met instappies, Kunsvlyt Vrydag, Bak-en-brou, pret Vrydae, en fondsinsameling.
* Einde van die jaar is dit tyd vir ons konsert, en Graduasie plegtigheid vir ons Gr. RR maats.