Persoonlike aandag
Tonne lag en liefde
Spyskaart
Voedsame snoepies en maaltye met liefde voorberei
Stimulasie
'n Verskeidenheid ouderdomsgeskikte speelgoed en aktiwiteite om kognitiewe, en motoriese vaardigheidsontwikkeling te stimuleer
Kommunikasie
Gereelde terugvoer en kommunikasie met ouers, insluitend foto's en kort videogrepe
Program
Daaglikse skedule wat speeltyd, storietyd, sing en buitelugverkenning insluit (as die weer dit toelaat)
Noodhulp
Opgelei in baba-KPR en noodhulp
As 'n ma verstaan ek hoe moeilik dit is om jou kleinding in iemand anders se sorg te laat. Daarom het ek 'n "huis-weg-van-die-huis" geskep waar kleintjies veilig kan droom, verken, speel, leer en groei. Met sagtheid en liefde sal jou kleinding as een van my eie versorg word. - Christine Braun
Kostes & Tye
Maandag tot Vrydag
06:30 - 17:00 (grasietydperk 17:30)
Inskrywingsfooi (eenmalig)
R250.00
Maandelikse fooi (vooruit betaalbaar, voor/op die 1ste van elke maand)
R3700.00
Deposito (reserveer 'n plekkie vir jou kleinding & betaal vir kennisgewing maand)
R3700.00
Van die huis
af...
Verskaf asseblief die volgende (hetsy daagliks
óf in grootmaat)
melk (bors of formule)
doeke (6 - 8 per dag)
Wet wipes
boudjiesalf
troosie (bv. fopspeen / sagte speelding / kombersie)
Kontak
Benodig meer informasie. Maak 'n afspraak om ons klas te kom besigtig.
Klein Daisies is in samewerking met Oopsy Daisy Play Academy, en handel vanaf Oopsy Daisy speel Akademie se gronde. Klein Daisies word besit en bedryf deur Christine Braun.